Man herstel na plaasaanval.


‘n Dankbare Bouke Tack (57) het sy herstel na ‘n aanval by sy Golden Valley-melk-en-kaasfabriek in Magaliesburg as ‘n Godswonder beskryf.

Hy is in Maart verlede jaar gedeeltelik verlam toe ‘n terroris hom in die rugmurg geskiet het, maar het sodanig herstel dat hy weer kan loop.

Die koeël sit nog in sy rugmurg. Dokters is huiwerig om dit te verwyder omdat dit naby ‘n sensitiewe werwel vassteek.