Malema se plan


Malema het verlede week ‘n nuwe beweging met ‘n nuwe plan voorgestel.

Die Economic Freedom Fighters (EFF) is ‘n protesbeweging, het Julius Malema van sy nuwe organisasie gesê.

Hy’t gesê hulle verskil van ander wegbreekpartye van die ANC en is nie soos Agang en andere nie. “Ons het ‘n verskillende plan,” het hy gesê.

Die party mag nuut wees, maar nie die plan nie. Hy het net sy bekende uitlatings van grondonteiening en nasionalisering van myne sonder vergoeding, herhaal. Die EFF stel ook nie belang in versoening nie, maar geregtigheid, het die bankrot miljoener gesê.

Die beweging sal op 25 en 27 Julie ‘n konferensie hou om sy beleid en manifes te bespreek. Hy het gesê hierdie is die mense se organisasie, wat deur die lyding van mense op voetsoolvlak geïnspireer is.

Die EFF sal nie mense in die see dryf nie. Ofskoon dit teen kapitalisme en imperialisme is asook die vyand van die wit kapitalistiese monopolies is.