Malaria op die kop geklap


Muskiete jag – jou vabond wag ek sal jou kry….
Die gevleuelde woorde van ’n beroemde volksdigter, word nou op ’n ander manier die volle waarheid.

’n Teen-malaria-verbinding wat oor ’n tydperk in Suid-Afrika nagevors is, sal waarskynlik in Maart 2014 gereed wees om die eerste toetse op mense uit te voer.
Díe navorsing is verlede week op ’n internasionale Malaria-simposium deur die produk-ontwikkelaar Medicines for Malaria Venture (MMV) aangewys as die Projek van die Jaar in 2012.

Die nuwe en unieke verbinding, bekend as MMV390048, is reeds verlede jaar onder leiding van die navorsingseenheid H3-D (Drug Discovery & Development) van die Universiteit van Kaapstad (UK) ontwikkel.

Die navorsing het meegebring dat die moontlikheid bestaan om uiteindelik deel van ’n enkeldosis-kuur vir malaria te word.