Ma skiet seun en haarself


In ’n brief aan haar man skryf Gail Clarke (56) dat sy en hulle twee seuns vir hom wag in die Hemel.

Sy het die brief agter gelaat nadat sy haar 32 jarige seun geskiet het, daarna die revolver op haarself gerig en die skoot afgetrek, maar sy het die selfmoord poging oorleef, maar die seun is dood.

Vir die afgelope vier jaar het sy gestry om die dood van haar ander seun, Shaun, te verwerk wat in ’n motorongeluk dood is.

Haar man was in die tuin van hulle huis in Dunnottar besig toe Gail die moord begaan het.

Die tragiese gebeurtenis volg kort op die Nothnagel-moorde wat enkele dae voor hierdie geval plaasgevind het.