Luiperdwelpie verjaag jakkalstrop.


Klein maar getrein: ‘n klein luiperdwelpie het met sy wilde oë en gegrom ‘n jakkalstrop verjaag wat gedink het dat hy ‘n maklike ete sal wees.

Die luiperdwyfie en haar twee welpies het gerus toe ‘n klomp jakkalse om hulle begin sirkel het. Die wyfie het die een welpie in haar bek weggedra, terwyl die ander een gesukkel het om by te bly.

Uiteindelik het die kleintjie moeg geword en in die lang gras weggekruip. Die jakkalse wat agter die ma aangeloop het, het hom gewaar. Met ‘n gegrom en blitsende oë het hy die jakkalse weggehou totdat die ma teruggekom het en die jakkalse verjaag het.