Lughawe opgradeer vir Mandela begrafnis


Mthatha. – Die lughawe in die voormalige Transkeise hoofstad, wat baie selde ’n vliegtuig laat neerstryk, is met R465 miljoen opgegradeer met die oog op onder meer Nelson Mandela se begrafnis.

Die Koning Sabata Dalindyebo munisipaliteit het glo al in 2011 geïdentifiseer dat die lughawe ’n probleem kan wees as Mandela begrawe moet word.
.
Die nuwe aanloopbaan is gebou om groot Boeing- en Airbus-vliegtuie te hanteer. Die koste daarvan word op R300 miljoen geraam.

Die lughawe se aanloopbaan is nou gereed en selfs Barack Obama sal nou daar kan land, was die mening van Hamilton Halam, woordvoerder van die Oos-Kaapse regering.

Die nuwe lughawe behoort aan die Oos-Kaapse regering, sal gefinansier word deur die provinsie en die nasionale regering en bestuur word deur die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa).

Slegs een kommersiële lugdiens, bekend as Airlink, gebruik die lughawe. Hulle bied weekliks sowat 10 vlugte tussen Johannesburg en Mthatha aan. ’n Jetstream 41-vliegtuig wat 29 passasiers kan dra, word gebruik, maar die lugdiens het gesê sy vlugte na Mthatha is 55% vol.
Foto – Mthatha Lughawe