Liewe Antie Helen Maree-Zille


Geagte Redakteur, Ek het meer as ‘n maand gelede ‘n brief aan Helen Zille geskryf oor haar DA-jeug wat na Kleinfontein “opgeruk” het. Ek het nooit enige antwoord, of selfs soveel as ‘n erkenning van ontvangs van haar gekry nie, hoewel die brief wel by haar afgelewer en gelees is. Ek het nou ‘n opvolgbrief aan haar gestuur. Ek heg albei briewe hierby aan, vir u inligting.

Van: Koos Vannermêrre. Pretoria.

Liewe Antie Helen Maree-Zille,

Ek sien jou kindertjies het toe die Groot Ruk geruk. Darem nie die Rol-soort nie. Nee, net Op. Kleinfontein toe. Oorrie Groot Apartheid. Van dié klomp Kleinfonteiners. Glo oorlat hulle net ‘n klomp Wittes is wat daar bly, dié Kleinfonteiners. SJOE!!! Rassiste darem hoor! Kwadráátsgewys. Dié klomp Kleinfonteiners. Met al dié apart-wil blyery van hulle. Nie dat ek kan onthou dat ek al gehoor het dat dié klompie kindertjies van jou — of selfs jy — om dieselfde rede, dit al ooit in julle koppe gekry het om dieselfde Groot Rukkerasies op te ruk Mamelodi toe nie. Of Soweto toe nie. Of Guguleto toe nie …. Oor die Groot Apartheid dáár nie. Oor dáái inwoners dáár wat net Swart wil wees / is nie. (Nie dat enige Witte dáár in elk geval sy lewe veilig of seker sal wees nie). Nee wat, die Apartheid dáár, in Mamelodi, Soweto en Guguleto, is ook maar oukei. A la jou DA se kindertjies. En dus a la jy, as hulle baas. Wat ek egter wél goed kan onthou, is van hoe al ek gelees het van sekere mense wat al die voorvader-behaag-riel só bo-oor die rassegrense heen geriel het …. Só ál saam met die Gestortenes in ons midde saam …. Waar dit veilig was — natúúrlik — om dit te doen: NIE in Guguleto of Soweto of Mamelodi NIE …. Die balk en die splinter ….

Koos Vannermêrre Pretoria (Ekskuus: Daai plek waar ‘n mens nie, a la DA, Tswaa nie) (Naby Kleinfontein).

Liewe Antie Helen, alweer,

Ek het jou meer as ‘n maand gelede al, ge-iemyl oor jou kindertjies. Oor hulle rukkerasies. Nie die rol-soort nie. Die op. Kleinfontein toe. Oor die allerverskriklikste Groot Apartheid wat dié Kleinfonteiners dan nou heid. Apart. Om soort te soek. En ook, oor ek wat nie kan onthou dat ek al ooit gehoor het dat dié kindertjies van jou al ooit Geruk het, Op, na sekere ander plekke oor die Groot Apartheid dáár nie: oor die Groot Apartheid van die Mamelodiërs, die Sowetoërs, of die Guguletoërs, met dié dat hulle dáár óók maar net húlle soort soek, nie (nie dat lede van die Ander Soort, veral die Een Soort, dit daar in elk geval met sy lewe veilig kan waag nie ….). En ook oor die nee wat, dat dit baie beter en lekkerder is om maar liewers so ‘n bietjie Apartheid in die tradisioneel Wit gebiede te koop. En dáár te bly. En te woon. Al sou die erkenning daarvan — hemele, val op ons; berge, bedek ons!! — al sou die erkenning daarvan ook nie eers met ‘n Middeleeuse pynbank uit hierdie kindertjies van jou uit-gemartel en uit-geërken kan word nie …. Maar dit, net terloops. Ná hierdie meer as ‘n maand, het jy nog nie ‘n geluidjie aan my teruggekwiek of gekwak nie, nie eers om net te sê aag vlieg in jou apartheid in nie, man! Selfs nie al het my verskriklik liberale Ingilse rekenaar — want hy praat net Yankse Ingils met my — vir my op Yanks belowe dat jy my vorige iemyl gekry en gelees het nie. Tensy, natuurlik, iemand anders daar by jou, die iemyl gekry en gelees en toe van jou af weggesensor het — wat, natuurlik, as dit só sou wees, óók ‘n verhaal op sigself sou vertel …. Nou wonder ek: hierdie swye, hierdie Groot Stilte van jou, sou dit dalk wees omdat dit een van die dinge is wat ‘n mens leer as jy lid van die Blêk Sêsj was/is, naamlik dat as iemand vir jou té moeilike, té ongemaklike vrae vra, jy nie daarop antwoord nie? Of het Antie Helen, daai ander een, daai Prog Soesman-een, dit dalk geleer? Want sien, uit háár oord, het ek óók, per geleentheid, jaaaaare gelede, grafswye op ‘n brief ervaar … Tóg ‘n neukery dié, nè, dat die Groot Apartheidse Boertjies geleer is dat geen antwoord, óók ‘n antwoord is …. Dat geen antwoord, bloot swak maniere en onhoflikheid is. Dat, al sê jy ook net vlieg met die ES AA EL na die rymplek, jy dit sê. Terloops, ek verneem van ‘n goeie eiendomsagent-pêl van my, dat die huiskoopmark in Guguleto en Langa deesdae glo baie goed is. Mens kan glo moerse baargins daar kry. Jy stel nie dalk belang daarin om vir jou ‘n vakansiehuisietjie daar te gaan aanskaf nie? Jy glo mos hoeka nie aan Groot Apartheid nie ….? Omdat ek weet dat vreeslik baie Groot Apartheidters vreeslik baie sal belangstel in jou hierdie keer se antwoord, plaas ek laas keer se, én hierdie brief op die internet. Ek sal jou antwoord ook opsit. Sodra en as ek dit kry. En net INGEVAL jy wel nie my vorige iemyl gekry het nie, heg ek dit weer hieronder aan. Vir jou edifikasie. Liefde. Koos Vannermêrre Tswaa nog steeds nie.