Liefdesboodskap en toe die dood.


‘n Inskrywing op Paul Nothhnagel se Facebook-blad op 16 Junie lees: “Sonder twyfel die gelukkigste pa in die wêreld, geseën met die greatste kids!! Dankie dankie dankie – lief julle BJA!!!”

‘n Maand later het Nothnagel sy twee dogters doodgeskiet en sy eksvrou swaar gewond. Daarna het hy homself doodgeskiet.

Nothnagel het sy gewese vrou, Linda, en hulle twee dogters, Mischke (gr. 8) en Chané (gr. 12), albei leerlinge aan die Hoërskool Helpmekaar, glo agter ‘n boom op ‘n straathoek in Alberton ingewag.

Hy het met ‘n 9 mm-oistool op hulle begin skiet toe hy hulle motor gewaar het. Nadat hy ‘n ent gery het, het hy homself agter die stuur van sy motor doodgeskiet.

Chané het op haar pa se Facebook-inskrywing geantwoord met: “En ons het sonder twyfel die beste pa in die wêreld! Ons kan ook net sê dankie dankie dankie! Lief pappa ook BAIE.” Mischke het: “Love yu tu” geskryf.

Linda Nothnagel is swaar gewond en ‘n noodoperasie is in die Uniehospitaal op haar uitgevoer.