Laeveld deur aardbewing geskud


’n Aardbewing, wat Sondag ’n klomp mense benoude oomblikke besorg het, se episentrum was vlak by die Vygeboomdam, in die Badplaas omgewing.
Die Richterskaal het 4,7 geregistreer en is selfs by Komatipoort waargeneem asook in sekere dele van Swaziland.
’n Woordvoerder het gese dit voel asof die trillings deur die huis gaan.

Mense buite Nelspruit het die trillings gevoel en gese dat borde en koppies gebreek het met die trillings.

Ander het uit vrees vir erger skuddings, vinnig uit hul huise gevlug en in oop terreine gaan staan.
Die sentrale punt van die skudding was blykbaar sowat 5 km ondergronds.