Kurt Darren sterk vinnig aan.


Die uitslag van ‘n breinskandering op Kurt Darren wys geen breinskade nie. Die skandering is aangevra nadat hy probleme gehad het om te fokus en skeel gekyk het.

Die dokters was bekommerd dat ‘n oogsenuwee moontlik beskadig is.

Volgens die sanger se broer sal hy intussen ‘n oogklap dra. Die dokters meen dat met genoeg rus, sal hy volkome herstel.

Darren was oomstreeks 23:40 Saterdagaand in ‘n ernstige motorongeluk net voor die Pienaarsrivierbrug in die noordooste van Pretoria, enkele kilometers van sy huis af.