Kundiges gaan Kurt-voertuig ondersoek


Kurt Darren se regsverteenwoordiger gaan ’n hele span deskundiges aanstel om die ongeluk waarin die lugsakke van ’n Toyota Fortuner nie oopgegaan het nie, te ondersoek.
’n Regsverteenwoordiger, Delia de Vries, het glo ’n span aangewys wat die voertuig moet ondersoek.

Van die deskundiges is ondermeer een wat sulke ongelukke later rekonstrueer. ’n Meganiese ingenieur asook ’n deskundige op die gebied van sitplekgordels sal deel van die span uitmaak.

Daar gaan waarskynlik ook uit ’n regsoogpunt na ander soortgelyke sake gekyk word.

Die moontlikheid bestaan dat ’n aanspreeklikheidseis uit die ondersoek kan voortvloei.

’n Woordvoerder van Toyota Suid-Afrika sê dat die organisasie nog nooit voorheen ’n probleem gehad met lugsakke wat nie ontplooi nie.

Toyota gaan die voertuig ook ondersoek.

Intussen is verneem dat Darren homself uit die hospitaal ontslaan het