Krimpende reserwes


Suid-Afrika se goud en buitelandse reserwes het in Junie 2013 vir die vyfde opeenvolgende maand gedaal. Die reserwes, wat in Mei op $45,6-miljard gestaan het, het op $44,6-miljard geëindig vir Junie.
Die verpligtinge vir onuitgevoerde transaksies het aan die einde van Junie $4,157-miljard beloop teenoor die vorige maand se $3,883-miljard.