Kragdief dood geskok


’n Swarte wat by Mooinooi naby Rustenburg ’n poging aangewend het om kragkabels te steel, het toe met sy lewe daarvoor betaal.
Hy is dood geskok en het feitlik tot houtskool verbrand.
’n Polisiewoordvoerder in Noordwes sê die gemeenskap van Bokfontein het die bittere winterkoue sonder elektrisiteit trotseer want Eskom moes die krag afskakel sodat die dief se lyk verwyder kon word.
Die dief het ’n transformator probeer steel toe sy poging skeef geloop het. Hy wou blykbaar ook van die drade steel.