Korrupte beampte betrap


In Kimberley word ’n polisiebeampte van korrupsie deur die Valke verdink en is hy in die plaaslike landdroshof borgtog toegestaan van R1, 000.

“Die offisier wou ‘n dossier laat verdwyn teen ‘n bepaalde prys,” het Naidu gesê.

Die verdagte offisier het glo vir iemand wat ondersoek word weens die besit van ‘n onwettige vuurwapen, gesê om ‘n deposito van R300 by ‘n bepaalde punt te gaan maak waar hy die geld later kan gaan kry.

Die verdagte persoon het later weer ’n ontmoeting met die polisiebeampte gehad en nog R300 aan hom oorhandig waarna die polisiebeampte in hegtenis geneem is.