Korrupsie vererger in RSA


Een uit elke twee mense in die land het al omkoop geld betaal bloot om dienste te bekom wat in elk geval gelewer moes word. Dit is veel meer as wat in die res van die wereld van toepassing is.

Gesaghebbende meningsvormers sê dat die syfer uiters konserwatief is aangesien die hele land nie in die opname betrek is nie. Die opname is deur Transparency International (TI) se barometer vir korrupsie in 2013 gedoen.

TI se verslag dui daarop dat bykans 50% van deelnemers aan die opname in Suid-Afrika die afgelope jaar omkoopgeld betaal het om gewone openbare dienste te bekom. Meer as 50% van die deelnemers meen dat korrupsie gedurende die afgelope twee jaar toegeneem het.

Diegene wat omkoopgeld betaal het, het dit ondermeer gedoen om registrasie- of permit dienste te bekom. Die omkoopgeld is meestal betaal aan die polisie.

Meer as 80% van die deelnemers meen die polisie is die mees korrupte instansie in die land terwyl die die meeste ander lande se politici die grootste sondebokke is met korrupsie.
.
’n Gesaghebbende sê die omkopery is veel erger in die platteland as in stedelike gebiede.