Koppe waai in kabinet


ANC president Zuma het ‘n kabinetskommeling aangekondig tydens ’n mediakonferensie by die Uniegebou in Pretoria.

Die beleërde Minister van Kommunikasie, Dina Pule, is vervang met Yunus Carrim.
Dit volg nadat ’n polisie ondersoek na haar bedrywighede aan die lig gebring het dat daar waarskynlik korrupsie deur haar gepleeg is.

Die “Sunday Times” het berig dat bewyse gevind is van ‘n interne oudit wat daarop dui dat die minister se vriend, Phosane Mngqibisa, vriende en familie in verskillende poste op die rade van die Poskantoor, van Sentech, asook Usaasa en die SABC het. Minister Pule was klaarblyklik bewus daarvan.

Zuma het ook ander veranderinge aangebring.

Die voormalige Minister van Vervoer, Ben Martins, sal die Departement van Energie beman.
Verder sal Connie September by Tokyo Sexwale oorneem as Minister van Behuising en Richard Baloyi, die Minister van Samewerkende Regering en tradisionele sake, word deur Lechesa Tsenoli vervang.