Koning Dawid se paleis gevind?


Argeoloë het die paleis van koning Dawid gevind, aldus die Jerusalem Post.

Die argeoloë, gelei deur prof. Yossi Garfinkel en Saar Ganor van onderskeidelik die Hebreeuse Universiteit en die Israelse Owerheid vir Antiekhede, het na sewe jaar se uitgrawings, dié bevinding bekend gemaak.

Die vonds by Khirbet Qeiyafa, sowat 30 kilometers suidwes van Jerusalem het op die vallei uitgekyk waar, volgens die Bybel, Dawid die reus Goliat verslaan het.

Die stad is die eerste tasbare bewys dat die Judeërs in die tyd van Dawid en Salomo, sowat 3,100 jaar gelede, georganiseerd was en sterk stede gehad het.

Intussen is dit vreemd dat die Amerikaans-sionistiese oorloë in die Midde-ooste al die Nuwe Testamentiese voetspore doodvee. Unesco erfenisgebiede in Irak, Afghanistan en Sirië is alles in puin gelê, die mees onlangse deur ‘n Israeli-aanval in Sirië.

Alle Christelike artefakte is uit die Baghdad-museum gesteel toe die Amerikaners met hulle bombardement begin het. Irak, meer bekend as Mesopotamië; die land tussen die twee riviere, was die bakermat van die Christelike Westerse Beskawing, het ons op skool geleer.

Vanaf Paulus se bekering in Damaskus in Sirië, sy reise deur Griekeland, Turkeye tot in Rome, is alles Nuwe Testamentiese geskiedenis wat nou vernietig word.