Namens die redaksie van Die Vryburger wil ons langs hierdie weg ons dank uitspreek teenoor die talle lesers wat ons komplimenteer met die inhoudelike van die koerant.
Een leser het opgemerk dat dit ’n wonderlike ervaring is om elke weeksdag die jongste nuus te lees. ’n Ander sê: Ek weet nie hoe julle dit regkry nie!
Ons slaag daarin om “nuus wat saakmaak” te versamel deur ’n aantal hoogs gemotiveerde volksgenote wat nie terug deins vir die selfopgelegde taak om sonder vergoeding baie ure in te sit om die volk tot diens te wees.
In die lig hiervan doen die redaksie ’n beroep op volksgenote om ons te help. Daar is nog so baie wat ons wil doen, en kan ons met reg sê dat die oes groot is maar die arbeiders min.
Ons soek nog volksgenote wat op ’n volhoubare en deurlopende wyse ’n bydrae kan maak. Aan die een kant soek ons mense wat waarheid getroue nuus uit daardie kontrei vir ons kan stuur. Veral waar volksmoord ter sprake is. Soos wat enkele lesers reeds gedoen het, kan ’n klein finansiële bydrae gemaak word, ander kan wenke gee, en so kan ons voortgaan.
’n Ander belangrike saak handel oor die Bogaards-familie van Noord-Transvaal wat in ernstige nood verkeer. Die redaksie wil nie oor die saak rondom Jaco Bogaards ’n mening uitspreek nie. Ons kommer is egter oor die gesin wat sonder ’n behoorlike inkomste aan die lewe moet bly vir die volgende drie jaar.
Ons neem derhalwe die vrymoedigheid om ons lesers te vra om hulle Christelike plig na te kom deur daardie gesin by te staan met ’n finansiële bydrae. Iewers in hierdie week se uitgawe is daar ’n berig wat al die besonderhede bevat.
Ons het almal genoeg om te eet, om warm aan te trek, en ’n veilige woonplek. Kom ons staan iets klein af aan daardie gesin, want daar is kinders betrokke, en asof die trauma waardeur hulle is, nie genoeg is nie, kan ons as volksgenote en as lesers ’n verskil maak in hulle lewens.
Aan diegene wat reeds gereageer het, wil ons sommer namens die gesin hul dank en waardering oordra. Dit is koninkrykswerk om ’n moeder en haar kinders te help versorg in ’n uur van uiterste nood.
Geniet die berigte en in besonder die kwinkslae van Die Sweep!
Redakteur
Maak dit tog net baie maklik om ‘n vorm te voltooi en of bankbesonderhede te gee dan kan mens onmiddelik ‘n donasie per selfoon gee.
Ek mis nie een enkele dag om eers hier in te loer nie.
Ek gaan loer ook dan en wan in by Nuus24. Hoop nie Die Vryburger ontaard ooit in so ‘n sirkus nie. Daar is wel so drie of vier baie goeie kommentators daar, maar die plek stel mens in die verleentheid.
En dan is my ander kuier plek Praag. Ook daar is darem net ‘n paar liberales oor, want die ander het die wykgeneem.
Dit sal baie gaaf wees om ook bv. kontrei-nuus in Die Vryburger te lees. Ons almal weet dat die huidige bedeling in die land op ‘n fiasko afstuur en dat die landsadministrasie slegs daarop ingestel is om die regerende politieke party se belange te bevorder en die lede van die kader tot voordeel te wees. Kundigheid, verantwoordbaarheid, regverdigheid, onbevooroordeeldheid en goeie diens is nie juis kenmerke van die huidige regeringsbestel nie.
Om feitlik daagliks te lees van die blapse wat gemaak word, geknoeiery, toesmeerdery, mislukkings, misdaad en moord op volksgenote getuig sekerlik van die harde werklikheid maar dien nie tot balans nie. Uit die aard van die werklikheid is beriggewing oor negatiewe dinge die oorgrote meerderheid en beriggewing oor iets anders mag dalk net dien om die skaal bietjie meer in ewewig te kry.
Laasgenoemde moet nie beskou word as kritiek teen Die Vryburger nie. Wat die redaksie en mede-werkers van die Vryburger tot stand gebring het, is prysenswaardig en iets om op trots te wees.
Naam van rekening: Bogaards Fonds.
• Standard Bank Warmbad
• Takkode: 053 047
• Rekeningnommer: 036 139 459
Indien enige vêrdere navrae gedoen wil word, kan Ezelke Bogaards by 082 853 8384 geskakel word, of Liezel van Rooyen by 082 829 9279.