Kol. Roos onthul polisie korrupsie


Kol. Johan Roos van die SAPD het jare gelede die Minister van Polisie gewaarsku deur bewyse voor te lê van sekere top amptenare wat by korrupsie betrokke is.
Die Sondagkoerant Rapport beweer in ’n berig dat die polisiekolonel nou geteister word, is verplaas na ’n plek waar hy geheel en al niks het om te doen nie, en boonop geviktimiseer word. Daar is glo senior polisie betrokke by korrupsie rakende ’n geheime fonds wat geplunder word.
Volgens die berig is polisie by bedrog betrokke, en korrupsie, nepotisme asook toesmeerdery, wat ontvou in ’n skokkende dossier wat Kol. Roos by die arbeidshof ingedien het. Hy beweer dat Bheki Cele (voorheen kommissaris) en ook Lt.Gen. Mdluli (voorheen hoof van misdaad-intelligensie) bewus was van die plundery. Nathi Mthethwa en vier generaals is ook bewus van die gemors.

Rapport is glo in besit van die lêer wat geheime verslae en amptelike dokumente bevat. Daarin word skokkende bewerings gemaak.
Agente wat bevriend was met maj.genl. Solly Lazarus, die finansiële hoof van misdaadintelligensie-eenheid, is sowat ¬R8 miljoen betaal vir eise;
’n Vals eis is gebruik om ’n ¬Rolex horlosie van R50 000 te koop vir kommissaris Raymond Lalla. Hy is nou by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ’n top amptenaar.
Sowat 250 geadverteerde siviele misdaad-intelligensie poste is gevul deur senior polisielede se vriende, hul meisies en familielede.
Lazarus word nou verhoor weens korrupsie. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het egter geweier om Mdluli aan te kla ongeag die bewerings van senior aanklaer, adv. Glynnis Breytenbach, dat verdoemende bewyse teen hom bestaan.
Roos onthul ook dat twee adjunk-nasionale polisiekommissarisse ook betrokke is maar niks is gedoen om ondersoek in te stel nie. In plaas daarvan word Roos deur die polisie se teenintelligensie-eenheid ondersoek, word by sy huis ingebreek, word hy verplaas en daarmee effektief nutteloos vir die polisie.
Toe hy by geleentheid sy ondersoek se bevinding aan die hoof van die eenheid, kommissaris Mulangi Mphego, rapporteer, het Mphego hom beveel om sy ondersoek te staak en Roos uit sy kantoor verwilder;
Die Polisie se handelstak het Roos se bewyse nagegaan en bevind daar was genoeg getuienis om talle polisie-offisiere tronk toe te stuur. Genl.maj. Solly Lazarus se naam is spesifiek genoem;
In 2008 en 2009 het sekere agente in Natal, wat bevriend is met Lazarus, etlike miljoene Rand in eise ontvang – R3 miljoen, R1,7 miljoen en R1,5 miljoen onderskeidelik. Dié agente het ook ’n bykomende R2,2 miljoene as vergoeding gekry;
Richard Mdluli, hoof van misdaadintelligensie, het gesê hy gaan die diens skoonmaak en Roos aangestel as hoof van ’n spesiale span om korrupsie in die eenheid te ondersoek. Hy het egter gou omgeswaai en Roos is as ouditeur verwyder.
Lazarus was glo die prooi van twee kapings waartydens skootrekenaars en kontant gesteel is, in een voorval R1 miljoen. Dié voorval is geheim gehou en toe Lazarus se beweerde gesteelde selfoonnommer gevolg is, het dit geblyk dat hy met die selfoon in sy hand staan.