Klein Lika verloor die stryd


Lika, die pragtige blondekop kindjie van Liezl du Randt, het die haar stryd teen die adenovirus verloor.
Die dogtertjie wat haar ma se bondeltjie vreugde was, en pa se prinsessie, het na meer as ’n maand die stryd gewonne gegee.
Die Du Randt egpaar berus daarin nadat dokters ook ’n bakterie in haar bloed waargeneem het.
Lika is weke lank in die Rooikruis-hospitaal in Kaapstad teen die virus behandel.

Die afgelope aantal weke was ’n moeilike tyd vir die egpaar. Die ander twee kinders van die gesin wou nog weet wanneer Lika weer huis toe kom.
Die ouers het die tweetjies vooraf ingelig dat die moontlikheid bestaan dat Liewe Jesus vir Lika kom haal.