Klein Lika se veggees ’n inspirasie


Barinda Botha, ’n familielid van klein Lika du Randt (2) van Delportshoop wat enkele weke gelede oorlede is ná ’n lang oorlewingstryd, sê Lika was vir haar ’n bron van inspirasie om a Kilimandjaro te oorwin deur net aan te hou stap en nogmaals aan te hou stap
“Lika se veggees het my deur die nag gedra om te veg teen alles, ook teen die koue.”

Barinda het saam met tien ander Kilimandjaro op 18 Julie getakel en klaargemaak.

Sy sê Lika se dood was vir haar vreeslik hartseer en daarom het sy besluit om te stap want klein Lika se veggees het haar geïnspireer.

“Dis ongelooflik hoe ver ’n mens jou liggaam kan druk as jou gedagtes reg ingestel is. Dit was uit en uit net vasbyt.”
Foto- Klein Lika