Kinder tugtiging binnekort onwettig


Die Wetsontwerp word opgestel wat dit vir ouers onwettig maak om hulle kinders te laat riemspring.

“Indien ‘n man sy vrou slaan, is dit ‘n misdaad, maar as ‘n ouer ‘n hulpelose kind slaan, is dit nie onwettig nie,” het die Minster van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini gesê.

Dlamini sê ouers moet verantwoordelikheid neem om hul kinders met behoorlike waardes groot te maak

Lyfstraf by skole is in 2006 onwettig verklaar.