Kimberley hospitaal is morsig


Talle krane wat nooit in die afgelope drie jaar aandag geniet het nie, laat helder skoon drinkwater wegvloei in die rioolstelsel.

Gebreekte waterpype lek blykbaar die afgelope jare sonder dat iemand hulle daaraan steur of hulle verwerdig om dit te laat herstel.

Personeel beweer dat hulle tot vervelend gekrla het oor die toedrag van sake, maar niks word daaraan gedoen nie.

Die afgelope jare is die teerpad rondom die hospitaal ’n dam water en plek-plek het die teer begin losgaan wat modderpoele veroorsaak.

Die een pyp wat stukkend is se water loop padlangs tot by die ingang na die hospitaal.
In die hospitaal is toerusting wat onbenut staan. Van die duur toerusting is stukkend en ’n woordvoerder het daarop gewys dat sekere toerusting nie gebruik word nie omdat “daar niemand is wat weet hoe dit werk nie”.

Herstelwerk moet deur die Provinsie se span werkers gedoen word.
Foto-Iemand slaap op die vloer in dié hospitaal