Kaptein Cook was dalk nie eerste nie


’n Eeue-oue kopbeen van ’n witman wat in Australië gevind is, het die blanke bevolking aan die gons of die veelbesproke Kaptein James Cook wel die eerste blanke was wat voet aan wal gesit het in die land.

Die gebeente is in die noorde van “New South Wales” gevind gedurende November 2011. Die polisie het nadat die beendere gevind is, hulle gereed gemaak vir ’n moord-ondersoek.

Wetenskaplike toetse het glo gewys dat die beendere aan ’n blanke man behoort wat in die omgewing van 1650 geleef het, wat ’n aansienlike tyd voor die aankoms van Cook is wat eers in 1770 daar aangekom het.

DNA toetse dui daarop dat dit die oorskot van ’n blanke man is waarvan die ouderdom nie bepaalbaar is nie.