Kanadees byna deur leeu verorber


Lauren Fagan van Kanada het haar misgis met die werklikhede van die natuurlewe toe sy deur ’n leeu getakel is.

Haar droom om met wilde diere in Afrika te werk het ’n onverwagse wending geneem toe die 18-jarige meisie naby Hoedspruit deur ’n leeu aangeval is.

Fagan is oorspronklik van Montreal, in Quebec. Sy het om haar lewe moes veg nadat ’n leeumannetjie by ’n rehabilitasiesentrum vir wildediere, haar wou insleep na sy hok.

Sy het blykbaar die leeu gevoer en sy was te na aan die traliewerk toe hy skielik sy poot deur die tralies steek en haar beetkry aan haar been.

“Ek kon nie glo wat gebeur nie, veral omdat hy oomblikke tevore nog vriendelik met sy kop en lyf teen die tralies gedruk het, so asof hy wou hê ek moet hom vryf,” het Fagen gister vertel.

Sy slagtande het ’n hoofslagaar in haar lies rakelings gemis.
“Ek het verskriklik geskree en alles het voor my verdof.

Sy het eers eers besef wat aangaan toe ander vrywilligers nader storm en haar gehelp het.
.
Noodbehandeling is toegepas waarna st deur die LifeMed-ambulansdiens na die Mediclinic in Nelspruit geneem is.
Foto – Lauren Fagan