Kanada: Alberta spoel weg


Die grootste natuurlike ramp in Kanada se geskiedenis het die suidelike deel van Alberta gedurende Junie vanjaar getref. Calgary se middestad het heeltemal weggespoel en honderd duisend mense is dakloos gelaat. Mense moes die stad vinnig ontruim en twee lewens is geëis.

In Canmore het ‘n hele klomp huise in Cougar Creek afgespoel. Dit was ‘n klein waterstroompie wat in ‘n reuse riviermonster verander het. Mense moes op sekere stadiums met helikopters van hul huise se dakke gered word. In Bragg Creek het twee huise net eenvoudig in die Bow Rivier verdwyn. Dieselfde rivier loop ook deur Redwood Meadows. As gevolg van ‘n wonderwerk het twee bome net op die regte tyd ‘n gedeelte van die rivier in Redwood Meadows toegemaak. Dit het reddings werkers net genoeg tyd gegee om vinnig ‘n rots wal te bou voor die hele dorpie ook sou weggespoel het. Desnieteenstaande is die hele dorpie ook ontruim en die meeste van die huise in hierdie dorpie het oorstroom, maar gelukkig nie in die rivier af gespoel nie.

Die dorp High River het geheel en al oorstroom en almal het hul huise verloor.

Dwarsoor hierdie gebiede was daar mense wat nie hierdie tipe versekering op hul huise gehad het nie en die goeie Kanadese regering het ingespring en gehelp. Die Kanadese eerste minister wat in Calgary gebore was, mnr. Steven Harper, het dadelik na Calgary gevlieg om te kyk hoe hy kan help. Die mense wat nie hierdie versekering gehad het nie, het geld van die regering ontvang om voor te begin.

Uiteindelik na drie weke kon die mense terug keer na Redwood Meadows en die water wat ondrinkbaar was, is weer veilig om te drink.

Alhoewel dit ‘n reuse ramp was, is dit ‘n baie goeie voorbeeld van hoe mense kan saamstaan en mekaar kan ondersteun en help om deur so ‘n verskrikking te kom.