Kaart-bedrog neem toe


Buitelanders is deesdae die grootste slagoffers van bedrog met bankkaarte in Suid-Afrika.
Die nuutste gegewens vir die tydperk van Januarie tot Junie vanjaar toon ’n skrikwekkende toename van sowat 36% in kaart bedrog van buitelanders wat deur die skelms beduiwel is.

Susan Potgieter, ‘n woordvoerder van die SA Bankrisiko-Inligtingsentrum, sê hulle vind dat ’n kaart enige plek ter wêreld gekloon kan word. Die werklike aankope vind egter in Suid-Afrika plaas met ‘n vervalste “duplikaat”.

Klaers sit oorsee en dit bemoeilik die ondersoek proses.
Potgieter sê dat plaaslike bedrog met 10% gestyg het in die eerste ses maande van 2013 teenoor verlede jaar dieselfde tyd.