Kaapstad wereld se vierde beste stad


Die Moederstad Kaapstad is vanjaar weereens deur lesers van die tydskrif “Travel and Leisure” as die beste stad in Afrika aangewys.

Om Kaapstad tot sy volle reg te laat kom, is dié pragtige stad ook 4 de geplaas op die lys van beste stede ter wereld.

Vyf van die Kaapse hotelle is ook onder die bestes gelys in die tydskrif.

Die Cape Grace, die spog hotel wat verlede jaar 44 ste was op die wereld se ranglys, staan nou as 26 ste en is as die beste hotel in Afrika aangewys.

Kaapstad spog ook met die Mount Nelson-hotel in die sesde plek in Afrika, die Twaalf Apostels-hotel & Spa tiende, die One & Only Cape Town elfde en die Victoria & Alfred-hotel dertiende.
Foto – Cape Grace Hotel