Kaapse vrou tronk toe vir bedrog.


‘n Kaapse vrou is tot effektiewe 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit meer as R6 miljoen bedrieg het.

Neil (39) en Bronwyn Goldman (35), ‘n voormalige werknemer van die SAID het verlede week in die Bellville-streekhof in ‘n pleitooreenkoms skuld op byna 400 aanklagte van bedrog beken.

Bronwyn het as groepleier in die SAID gewerk. Sy het die stelsel gebruik en sowat R6,08 miljoen in haar man se rekening betaal as BTW-terugbetalings vir sy duikklop-onderneming.

Die SAID kon slegs R1,947 miljoen van die geld terugkry.

Bronwyn is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar voorwaardelik vir ‘n tydperk van vyf jaar opgeskort is.

Neil is agt jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy sal ook 36 maande onder korrektiewe toesig wees