Jong vrou wreed vermoor


Die lyk van die 33-jarige Claudia van der Merwe, die bestuurder van ’n gastehuis in Hendrina is versteek in ’n waterpyp in die omgewing van Breyten gevind.
Claudia se keel is afgesny en sy is twee keer met ’n mes of ander voorwerp in die bors gesteek.

Sy is ’n enkel ouer met ’n dogtertjie, Anja (6) wat nou heeltemal wees is.

Kort voor haar verminkte lyk gevind is, het die polisie op haar grys Kia Picanto motor afgekom.

Claudia se ma, Dina gaan nou aansoek doen om die klein Anja aan ta neem.