Jagtog eindig tragies


‘n Jong man wat oor twee maande pa word van tweelingmeisies, Juan Pierre (JP) Kleingeld (24) is in ‘n koma nadat hy per ongeluk geskiet is.

Die fratsongeluk het op ‘n jagplaas in Alldays gebeur. JP het saam met vriende gaan jag. Hy het die bakkie bestuur en sy vriende het agterop gestaan toe hy per ongeluk deur ‘n vriend met ‘n .308-jaggeweer in die kop raak geskiet is.

‘n Woordvoerder van die Mediclinic Limpopo het gesê dat JP se toestand ernstig is. Hy is aan ‘n asemhalingstoestel gekoppe.

Niemand is weens die voorval in hegtenis geneem nie, maar ‘n klag van poging tot moord word ondersoek.