INDRINGER … Die Orgideëboom / Bauhinia variegate


Hierdie is ’n welbekende boom in baie tuine. Bauhinia variegate is ’n spesie van die familie Fabaceae en kom oorspronklik van Suidoos Asië van China, Pakistan en Indië. Baie van ons tuiniers en hierdie boom as die “Camel’s Foot Tree”. Dit is ’n klein tot medium grootte boom en word tot 12 meter hoog. Dit is nogal ’n gewilde ornamentele boom en groei veral pragtig in subtropiese en tropiese klimate, maar kom ook in koue streke voor.

Die blare van hierdie boom is 10 – 20 cm lank en is breë ronde blare wat lyk of die blaar self in die middel gedeel word. Seker waar die naam “Camel Foot Tree” vandaan kom van die blare lyk voorwaar soos ’n kameelspoor. Die blomme van hierdie boom is helder pienk of wit, met 5 blomblaartjies en is 8 – 12 cm in deursnee. Die blomme is baie geurig en lok suikerbekkies na die tuin. Hierdie boom dra na blomtyd, ’n peul wat 15 – 30 cm lank is met ’n klomp sade binne wat dan oopgaan en versprei.

Hier volg dan nou ook ’n lysie van indringerplante wat uitgeroei behoort te word, al is daar van hulle wat regtig mooi is: Oleander (selonsroos), Swartwattel, Blaasklimop, Kattteklouranker, Pom-pom-bossie, Geelklokkies (wat baie voorkom in Natal), Spaanse besem, Rooi sesbania, Spaanse riet, Pampasgras, Rooiwatervaring, waterslaai, lantana, Rooi sonneblom en nog vele meer.
Hierdie is wel van die bekendes, wat ons sal uitken wanneer ons hulle sien.