Individuele belastingbetalers dra die las


Die staat se inkomste vir die jaar, wat in Maart 2013 geëindig het, was R814,1-miljard. Dit laat ‘n tekort van R175-miljard teenoor die 2011-12 jaar se tekort van R148,5-miljard. Die begrotingstekort was op R170-miljard gestel wat 4,8% van die BBP is, maar het geëindig op 5,2% van die BBP.

Die persentasie afwyking van BBP is aansienlik beter as dit vergelyk word met lande soos Spanje, Griekeland en Frankryk, maar dit wek kommer dat die situasie besig is om geleidelik te versleg. Uiteindelik moet die belastingbetalers instaan vir die opbouende tekorte. Die staattekort vir April 2013 was R41,2-miljard en die tekort van R17,5-miljard vir Mei was minder weens hoër belastings geïn en verlaagde uitgawes vir die maand. Mei 2012 se tekort was R41,2-miljard.

Die individuele belastingbetalers dra steeds die grootste las met hulle direkte belasting plus indirekte belasting weens verskeie staatsheffings, asook BTW betalings op aankope. Persoonlike inkomstebelasting betaal was R276,8-miljard (jaarstyging 10,1%). Korporatiewe inkomstebelasting was R276,8 (jaarstyging 5,1%), BTW het die staat se koffers laat styg met R215,5-miljard (jaarstyging 12,8%).