Hoof van Inkomstediens bedank


Die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Oupa Magashula, het sy bedanking ingedien. Die aankondiging is deur die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, gemaak.

In April het Gordhan die afgetrede Regter Zak Yacoob aangestel om ‘n ondersoek te lei na bewerings dat Magashula ‘n jong vrou werk by die Inkomstediens aangebied het, sonder om die korrekte prosedure te volg.

‘n Verslag oor die aangeleentheid is die einde Junie aan die Minister oorhandig.
Magashula het bedank na die bevindings aan hom gewys is.
Hy het later om vergifnis gepleit by Gordhan vir sy optrede.