Hongarye jaag die IMF.


Hongarye het aangekondig dat hulle hulle lening aan die Internasionale Montêre Fonds wil afbetaal en het die organisasie gevra om dan hulle land te verlaat.

Die Hoof van Hongarye se Sentrale Bank, Gyorgy Matolcsy, het in ‘n brief aan Christine Lagarde, die IMF se Besturende Direkteur, gevra dat die IMF se verteenwoordiger in Boedapest se kantoor gesluit word, aangesien dit nie langer benodig sal wees nie.

Die IMF het die versoek toegestaan.

Hongarye het volgende jaar ‘n algemense verkiesing. Die optrede word gesien as ‘n poging deur die land se regering om te wys dat hulle die land sonder buitelandse hulp en sonder afskalingsmaatreëls kan regeer.

Die land se skuld op die oomblik staan op $2,125 biljoen van ‘n oorspronklike IMF-lening van $25.5 biljoen ‘n paar jaar gelede.