Honda Jazz word terug geroep


Honda, Suid-Afrika, moet meer as 20, 000 van sy vorige Jazz-reeks nagaan en hersien.
Die Jazz wat tussen 2002 en 2008 vervaardig is, word herroep om die venster se beheer-meganisme by die bestuurders se kant dringend te verander.

Die Japanse motorvervaardiger sê water of ander vloeistof kan in strawwe omstandighede by die bestuurder se kant inkom en die beheer-meganisme onklaar maak.

Dit mag tot gevolg hê dat die ruit nie oop of toe gemaak kan word nie.
Die stroombaanpaneel kan in uiterste omstandighede oorverhit en ’n brand veroorsaak.

Honda herroep dus 20, 035 motors om die fabrieksfout reg te stel.

Die nuwe modelle, sedert 2010, het ’n waterdigte buiterand in die motors aangebring. Die vervaardiger het egter bevind dat ’n gaping tussen die beheer-meganisme en die buiterand mettertyd mag ontstaan wat weer tot die fout kan lei.