Handelstekort neem toe


Volgens SARS (South African Revenue Services) het die land se handelstekort vir Mei 2013 op R11,03-miljard te staan gekom, teenoor R15-miljard vir April. Uitvoere was R66,48-miljard (0,1% hoër as April) en invoere R77,51-miljard (5,8% laer as April).

Die jaar se opgelope handelstekort staan op R68,71-miljard teenoor verlede jaar se R46,21-miljard vir dieselfde tydperk, wat ‘n toename van 48,6% is. Die nuus het bygedra dat die wisselkoers van die land se geldeenheid Vrydagmiddag effens verstewig