Die ANC kabinet het blykbaar toegegee en goedkeuring verleen dat ‘n voorstel in 2016 aan die “Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies” (Cites) ingedien mag word wat handel met renosterhoring sal wettig.
Edna Molewa, Minister van Water- en Omgewingsake, het gesê Suid-Afrika het sukses getoon in die bewaring van veral bedreigde spesies soos renosters. Dit het daartoe gelei dat die land tans meer as 70% van die wereld se renoster bevolking huisves.
Hierdie toedrag van sake het egter veroorsaak dat stropers op Suid-Afrika toesak om horings te bekom.
Kenners meen dat aanhoudende renoster stropery tydelik beheer kan word met die toestaan van permitte om handel te dryf met renosterhoring. Uiteindelik gaan dit ook nie werk nie.
Dit blyk dat begiftiging van renosterhoring die beste oplossing kan wees.
Ek sou graag verdere toeligting op die opmerking “uiteindelik gaan dit ook nie werk nie” wil hê.
Om wolklere te maak, is wol nodig. Daarvoor word met skape geboer wat jaarliks geskeer word. Dit werk steeds elke jaar.
Wat moontlik probleme kan veroorsaak met die “oes” van die horings is die jaarlikse narkose. Daar is nog te min navorsing oor die uitwerking van die langdurige gebruik van die middels.
Deur egter renosterhoring wettig te verkoop, word die swartmarkprys onder druk geplaas en is die vraag daarna minder omdat dit wettig bevredig kan word.
Sal die kundiges sensors in die horings van renosters inplant en daarna die beweegroetes kan naspeur en ook waar dit heen gaan asb