HAARP sluit in Alaska.


Die Hoë Frekwensie Aktiewe Noorderlig Navorsingsprogram (HAARP) in Alaska, ‘n onderwerp waaroor baie gespiegel word, het gesluit.

Die bestuurder van HAARP, dr. James Keeney by die Kirtland Lugmagbasis in Nieu-Meksiko, het gesê dat die ionosferiese navorsingsfasiliteit in die afgeleë Gakona, Alaska, sedert Meimaand gesluit is.

Volgens hom is daar probleme met befondsing vir opgradering. Hy sê dat hulle tweejaar gelede gewaarsku het dat hulle fondse nodig het, maar niemand het hulle daaraan gesteur nie.