Gupta-alla-Zuma evaluasie onafgehandel


Die Openbare Beskermer het bekend gemaak dat ene Thuli Madonsela ’n klag evalueer rakende Vega Gupta se Gupta-familie wat vroeër haar 270 gaste by Waterkloof Lugmagbasis laat neerstryk het sonder behoorlike magtiging.

Die evaluering is nog nie afgehandel nie volgens die woordvoerder, Oupa Segalwe.
Onderhoude word ook gevoer met getuies.

Die Openbare Beskermer sal blykbaar eers daarna besluit of ‘n volskaalse ondersoek na die saak van stapel gestuur moet word.

Die regering se ondersoek het bevind dat pres. Jacob Zuma en sy ministers nie ‘n aandeel aan die landing gehad het nie.

Verskeie waarnemers is van mening dat daar dadels van sal kom. Hulle oordeel dat die saak gesmoor gaan word in die lig van die komende verkiesing van 2014.