Grootskaalse diefstal met tantieme


’n Reeks ondersoeke word nou gedoen op ’n rekening waar die Lonmin myngroep tantieme inbetaal tot voordeel van die gemeenskap op wie se grond die myn bedrywig is.
Die eerste indrukke is dat die geld wat inbetaal is, nou uit die rekening verskuif is wat meebring dat die geld waarskynlik nie aan die betrokke gemeenskap betaal word nie.
Berigte wat ontvang is, dui daarop dat sowat R450 miljoen moontlik verduister is.
Die rekening behoort aan Bapo ba Mogale, wat die grond besit waar Lonmin aktief is.
Die rekening is glo sedert Bophuthatswana-regering se ineenstorting gedurende 1994, nog nie weer geoudit nie.
’n Ondersoek deur die staande komitee op publieke rekeninge (Scopa), premier Thandi Modise en die openbare beskermer, Thuli Madonsela, word nou gedoen.