Groot vragmotor gekaap


‘n Groot vragmotor, gelaai met die uiters giftige Kalium-sianied, is by Halfweghuis in Midrand gekaap.

Die chemiese stof was op weg na die Suid-Afrikaanse Munt.

Berigte lui dat die betrokke opsporing-maatskappy naby Marlboro in Johannesburg kontak verloor het met die vragmotor.

Die vragmotor is in blou en grys gemerk “Krome Metal Chemicals”. Die voertuig se registrasienommer is BX 62 XP GP.

Kalium-sianied het ‘n wit kleur en ‘n reuk soos amandel en is uiters giftig.
.