Groot bedrog by Eskom


Terwyl Suid-Afrika se kragverbruikers gebuk gaan onder die swaar las van kragtariewe, is daar klaarblyklik mense wat hulle skatryk steel. Een so ’n geval is nou uitgesnuffel toe ’n senior Eskom-amptenaar, Dawid Malherbe (60) deur aanklagte van bedrog en geldwassery in die gesig staar oor sowat R65 miljoen wat bestem was vir ’n nuwe kragnetwerk in Khayelitsha.

Malherbe is ’n voormalige besturende direkteur van ’n Eskom-filiaal en moes verlede week in die Bellville-handelshof verskyn waarna hy op borgtog van R10, 000 vrygelaat is.

Die Valke ondersoek die bedrog by Eskom en hulle is oortuig daarvan dat honderdmiljoene Rand gesteel word op een of ander wyse, terwyl die fondse vir die aanlê van elektrisiteit bedoel is.