Grondgryp program verhoed tweede Zim


JP Landman, bekende liberale politieke ontleder van Suid-Afrika, meen die ANC regering se Grondhervorming en restitusie beleid is die regte medikasie gewees om ’n tweede Zimbabwe te verhoed.

Landman reken dat indien die ANC-regering se beleid anders was sedert 1994, sou Suid-Afrika se blanke boere slegter daaraan toe gewees het en in ’n Zimbabwe posisie ge-eindig het.

Landbouleiers in Suid-Afrika verskil heftig van hierdie siening, veral nadat die regering besluit het om die grondgryp program te versnel deur die vryemarkstelsel te verruil vir ’n kommunisties-gedrewe koopstelsel waarvolgens die staat die prys bepaal en die verkoper dit noodgedwonge moet aanvaar.

Die staat het sedert 1994 sowat R31 miljard aan grondhervorming en grondeise bestee. Daarmee is 5,5 miljoen hektaar grond gekoop en aan sogenaamde voorheen benadeeldes oorhandig. Hiervan is R2,4 miljard spandeer om eens produktiewe plase wat totaal verval het, weer te probeer ophef.

Dit is ’n bewese feit dat die produksie op die grond wat aan armlastiges oorhandig is, tot ’n laagtepunt gedaal het. Talle plase is later selfs terug verkoop aan blankes wat weer die produksie maksimaal ontwikkel het.