Griekeland: opstand oor afleggings.


In Thessalonika het honderde munisipale werkers betoog teen nuwe besnoeiingsmaatreëls.

Duisende werkers in die openbare sektor sal ingevolge die nuwe maatreëls óf afbetaal word óf verplaas word.

Die regering het ook onderneem om teen die einde van die jaar ‘n verdere 15,000 werkers te ontslaan in ‘n poging om die begroting te sny.

Besettings is ook in ander Griekse stede aangemeld. In Athene het sowat 2,000 betogers na die parlement opgeruk waar daar op 19 Julie oor die nuwe wetsontwerp gestem sal word.