God is met die ANC.


So het die regerende party gereageer op ‘n verdoemende artikel in The Economist oor sy verkiesingsvooruitsigte.

In die artikel word bespiegel dat die ANC sy voltrekte meerderheid vir slegs een of twee termyne gaan behou en dat oudpres. Nelson Mandela sou saamstem dat meer politieke mededinging nodig is.

Die artikel noem dat die ANC sy vyfde verkiesing en dalk nog ‘n verdere twee termyne met ‘n volstrekte meerderheid sal wen , maar dat die kiesers daarna moeg sal word vir die korrpusie wat ‘n eenpartystaat kenmerk.

Uitrafeling van die ANC-alliansie met Cosatu word ook in die vooruitsig gestel.

Maar Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê die “ANC se dood is al so dikwels voorspel maar die mense verstaan nie. Die ANC is soos ‘n kat met baie lewens. Sy God is altyd by hom.”