Gaan Gupta-saak verder ondersoek word?


Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB) sê sy sal eers gedurende hierdie week weet of haar die Gupta-familie se optrede gedurende April vanjaar, nog ondersoek gaan word.

Madonsela sê sy het vergader met die laaste rolspelers en sal daarna besluit of ‘n volledige ondersoek wel nodig is.

Die Gupta-familie is in omstredenheid gedompel na toe ‘n privaat vliegtuig met ’n klomp bruilofsgaste by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria geland het.
Foto- Thuli Madonsela