First Strut se ineenstorting tref wyd


Die vervaardigingsgroep, First Strut, se beheermaatskappy is op 16 Julie 2013 in voorlopige likwidasie geplaas is. First Strut se korporatiewe skuld beloop R925-miljoen. Dit hou aansienlike finansiële blootstelling in vir Nedbank, Investec en Sanlam.

Die blootstelling vir Absa is R30-miljoen, die vir Investec is R240-miljoen, Sanlam se blootstelling kon nie vasgestel word nie. Die potensiële verliese vir die finansiële instansies sluit direkte lenings, en die aankoop van effekte in waarop toekomstige dividende nie sal realiseer nie.

First Strut vervaardig produkte vr die mynbou-, vervoer- en kragvoorsieningsindustrië. Die voorsitter van die groep wat ook as First Tech Group handel dryf, Jeff Wiggel, is verlede maand vermoord in Soweto in sy motorvoertuig met ‘n kopwond gevind. Die groep het ongeveer 5 000 werknemers.