Europese leiers verag Obama optrede


Europese leiers het hul uiterste misnoeë en selfs woede uitgespreek met die nuutste onthullings dat die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsagentskap (NSA) besig is om op aktiewe wyse die Europese Unie (EU) se elektroniese kommunikasies te onderskep.
Die Duitse nuustydskrif “Der Spiegel” het bekend gemaak dat NSA blykbaar die EU en die VN geteiken het om inligting te onderskep.

Volgens die berig in die Duitse koerant, is nie net die meeluister van telefoonoproepe en die onderskepping van e-posse deur NSA gedoen nie, maar is daar ook afluisterapparate geplaas in die Justus Lipsius-gebou. Die gebou huisves ook die EU se hoofkwartier in Brussel.

Die Duitser Martin Schulz, voorsitter van die Europese Parlement, sê hy “eis volledige opklaring en verlang spoedige volledige inligting”.

Hy is van oordeel dat indien die berigte waar is, is dit ’n “reuse- skandaal” en kom gaan dit groot stremming plaas op Transatlantiese betrekkinge.

Die EU lande het blykbaar verskeie verklarings uitgereik waarin Obama beskuldig word as die hoof figuur wat sekerlik moes goedkeuring gee vir die wandaad.
Foto-Obama