Elektroniese enkelbandjies vir verhoorafwagtendes.


Die ANC-regering, trou aan sy aard, wil een probleem oplos deur ‘n groter een te skep.

Verhoorafwagtendes sal vanaf Oktobermaand elektronies gemoniteer word eerder as om aangehou te word.

Dié praktyk word reeds gebruik vir mense wat op parool is.

Volgens Logan Maistry, woordvoerder van die Departement van Korrektiewedienste (DKD), is daar tans 152,514 gevangenes terwyl daar slegs vir 120,000 plek is.

“Sommige mense kan nie borgtog beskostig nie. Dit kos byna R10,000 per maand per gevangene, terwyl ‘n verhoorafwagtende met ‘n monitor slegs R3,370 sal kos.

“As iemand met ‘n enkelbandjie vrygelaat word, kan die persoon voortgaan om te werk en vir sy/haar gesin te sorg,” het sy gesê.

Die howe en nie die DKD nie, sal besluit wie op die manier vrygelaat mag word.